Loading...

NewsDesk

NewsDesk

DE AAR SE KRAGKRISIS DUUR VOORT

Community
Rodrick Titus
Wed, 07 Oct 2026

DE AAR SE KRAGKRISIS DUUR VOORT

Groot dele van De Aar is steeds sonder elektrisiteit nadat ’n transformator weens vandalisme beskadig is.

Die Demokratiese Alliansie doen ’n beroep op die Noord-Kaapse LUR vir COGHSTA, Lebogang Motlhaping, om dringend ondersteuning aan die Emthanjeni-munisipaliteit te bied.

Volgens die DA word inwoners van Nonzwakazi en De Aar-Oos swaar geraak deur die kragonderbreking. Sommige inwoners het glo kos uit yskaste en vrieskaste verloor.

’n Opgeknapte transformator sou volgens die verklaring geïnstalleer word nadat probleme met die eerste vervangingseenheid ondervind is.

Die DA vra ook vir groter polisiesigbaarheid om infrastruktuur teen verdere vandalisme en kabeldiefstal