Loading...

NewsDesk

NewsDesk

WATERKRISIS IN DELPORTSHOOP EN LONGLANDS

Community
Rodrick Titus
Thu, 20 Aug 2026

WATERKRISIS IN DELPORTSHOOP EN LONGLANDS

Die Demokratiese Alliansie eis dringende optrede van die Dikgatlong-munisipaliteit om betroubare watervoorsiening aan Delportshoop en Longlands te herstel. Volgens die DA sukkel inwoners al geruime tyd met watertekorte en onbetroubare watervoorsiening. Die munisipaliteit het glo onderneem om drie watertrokke drie keer per week beskikbaar te stel, terwyl twee van die trokke oor naweke sal werk. ’n Groot watertenk sal ook in Proteahof geplaas word. Die DA sê egter langtermynoplossings is nodig en wys onder meer op swak waterdruk. Die party sê die bestaande 200-millimeter-pyp behoort met ’n 400-millimeter-pyp vervang te word. Die DA sê hy sal ook ondersoek instel na bewerings dat geld wat vir waterprobleme in Longlands en Delportshoop bedoel was, elders aangewend is.