Die extention en rooiblok buurtwag in upington vier vanjaar hulle eerste bestaansjaar en meen gemeenskaps veiligheid en samewerking tussen die wetstoepasings agentskappe bly die kern van voorkoming dat suid afrikaanse inwoners voortgaan om in onveilige woonbuurte te bly. sylvester mattys en wildrey engelbregh asook theo classen het hulle stemme gevoegf by die van provinsiale polisie kommisaris luitenat generaal koliswa otola wie onlangs met senior polisie ampteranare wat bevelvoerders insluit gepraat het oor die stand van misdaad en dienslewering. die buurtwag het ander gemeenskappe gevra om soortgelyke pogings aan te wend ten einde misdaad vrye gemeenskappe daar te stel terwyl hulle ook gevra het dat bure veral nie moet wegkyk waneer hulle verdagte aktiwiteite of misdaad by bure sien nie. die buurtwag het ook die koop van gesteelde goed gekritiseer en meen dus wat misdaad aanhuts. die groep se hulle beplan ook as deel van hulle viering verskeie gemeenskaps interaksie aktiwiteite