Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Delportshoop bejaarde verdagte sterf

Crime
Edward Jonkers
Thu, 20 Aug 2026

Delportshoop bejaarde verdagte sterf

Die 60-jarige verdagte van Delportshoop wat daarvan beskuldig is dat hy die 24-jarige Alvano Gundry op 23 Junie 2026 doodgeskiet het, het afgesterf. Gundry is na bewering in die verdagte se agterplaas doodgeskiet ná ’n beweerde voorval van lemoendiefstal. Die 60-jarige man is kort ná die skietvoorval in hegtenis geneem en het later in die Barkly-Wes-landdroshof verskyn. Hy is op borgtog van 2-duisend rand vrygelaat. Die verdagte se volgende hofverskyning was vir Dinsdag, 1 September 2026, geskeduleer. Die omstandighede rondom die verdagte se afsterwe is nie onmiddellik bekend nie. Meer besonderhede word afgewag.