Kuruman-pasiënte gestrand sonder vervoer
minstens 15 pasiënte by Kuruman-hospitaal is Maandag nabewering sonder vervoer, skuiling en behoorlike hulp gelaat terwyl hulle gewag het om na Kimberley vervoer te word vir spesialisafsprake en prosedures.
Sommige pasiënte het volgens die demokratiese aliansie se verklaring nabewering reeds sedert Sondag gewag en het selfs onder die hospitaal se ontvangsbank geslaap. ’n Wagkamer was gesluit nadat die werknemer met die sleutel vertrek het, terwyl pasiënte ook gevra is om in ’n TB-saal te wag. Hulle het geweier weens moontlike gesondheidsrisiko’s en buite gewag.
Die Demokratiese Alliansie se in n verklaring dat hulle het ingegryp nadat die pasiënte koud, moeg en honger geraak het. Die party het met hospitaalbestuur geskakel om ’n veilige plek te reël en het warm etes aan die pasiënte voorsien.
Die DA se Noord-Kaapse leier, Isak Fritz, het ’n beroep op die LUR vir Gesondheid, gedoen om die uitdagins aan te spreek