Noord-Kaapse vroue in SAPD geloof vir hul bydrae
Vroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens word gedurende Vrouemaand geloof vir hul belangrike rol in wetstoepassing.
Kapelaan Marsha Baard het tydens ’n radio-onderhoud die veerkragtigheid, vermoë en bydrae van vroue in die SAPD beklemtoon.
Sy sê vroue lewer ’n belangrike bydrae op verskeie gebiede van polisiëring – van misdaadvoorkoming en operasionele werk tot leierskap.
Baard het vroulike polisiebeamptes ook gewaarsku om verantwoordelik op sosiale media op te tree, aangesien hul gedrag die reputasie van die SAPD kan beïnvloed.
Die Namakwa-distrik het alle vroue in die polisiediens geloof vir hul toewyding en diens aan gemeenskappe.