SAPD hersien Noord-Kaap se eerste kwartaal-prestasie
Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die provinsie se polisiewerk vir die eerste kwartaal van die 2026/27-boekjaar as onbevredigend beskryf. Sy het tydens die SAPD se prestasiehersieningsessie in Kimberley ’n beroep op bevelvoerders gedoen om hul operasionele en bestuursplanne te hersien en te versterk. Otola het ook die belangrikheid van betekenisvolle gemeenskapsbetrokkenheid beklemtoon, veral wanneer dit kom by terugvoer aan gemeenskappe oor veiligheidskwessies. Die Pixley ka Seme-distrik was die beste presterende distrik, gevolg deur Namakwa en ZF Mgcawu.