Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Ikoon van die Kalahari sterf

Community
Rodrick Titus
Thu, 13 Aug 2026

Ikoon van die Kalahari sterf

Die Kalahari het die naweek afskeid geneem van Elias le Riche, ’n bekende natuurbewaarder en voormalige parkhoof van die Kalahari-Gemsbok Nasionale Park. Le Riche is op die ouderdom van 86 jaar oorlede.

Le Riche het sy loopbaan as veldwagter begin en later hoof van die park geword. Hy het ’n groot deel van sy lewe aan die Kalahari en natuurbewaring gewy.

Die Kalahari-Gemsbok Nasionale Park het later deel geword van die Kgalagadi Oorgrenspark, wat Suid-Afrika en Botswana verbind.

Le Riche was deel van ’n familie met ’n lang geskiedenis in die park en het oor dekades heen ’n besondere kennis van die Kalahari se natuur en wild opgebou.

Sy dood word beskou as die verlies van ’n belangrike deel van die Kalahari se geskiedenis en erfenis.

Elias le Riche – veldwagter, parkhoof en Kalahari-kenner – is op 86 oorlede.