DFC meet kragte met Peruvian Rugby Klub
Rugbyliefhebbers
kan more in groot getalle optrek na die Eiland Rugby veld, waar Defence Force Colleagiants, hulle tuisvoordeel
gaan gebruik wanneer hulle die Peruvian Rugby Klub om vyf uur die middag gaan
aanpak.
Voor die
hoofwedstryd gaan die tegniese Hoƫrskool Saul Damon die skare vermaak met 'n
tuis derby teen AJ Ferreira. Die aksie
begin om drie uur die middag met 'n kragmeting tussen die onder-16 spellers,
gevolg deur die onder-19 wedstryd om vier uur.
In die
onder-19 span het Melton Daries, Ethan Boer, Branwilton Baisitse (heelagter),
en Lemarwin Maritz (loskakel), tesame met Tyron Steenkamp en Zenodine van Wyk,
hulle hande opgesteek. Vir die onder-16 span is Jamain Dikela op nommer 8,
Mitch Titus in die hakerposisie, en Cohen Vass op nommer 9. Likhanye Kiet en
Benedixt Bosman vorm deel van die groep wat teen AJ Ferreira gaan meeding.