ActionSA eis aanspreeklikheid vir Noord-Kaap se tesourie-oorgawe van R93 miljoen
ActionSA het hul kommer uitgespreek oor die
Noord-Kaapse Provinsiale Regering se herhaalde versuim om sy inwoners te dien,
hierdie keer deur 'n skokkende R93 miljoen aan die Nasionale Tesourie terug te
gee. 'N provinsie wat sukkel met verswakkende infrastruktuur, 'n ernstige
behuisingstekort en 'n ineenstortende gesondheidsorgstelsel, is sulke
finansiële wanbestuur volgens ActionSA heeltemal onaanvaarbaar. Andrew Louw,
ActionSA Provinsiale leier, voer aan hierdie probleem ontstaan as gevolg van
wanadministrasie en die onvermoëns van staatsamptenare.
Sound Bite - Andrew Louw
Louw sê dit is
onbegryplik dat 'n provinsie met die swakste infrastruktuur in Suid-Afrika
fondse kan teruggee wat gebruik kon word om sy slaggate-belaaide paaie te
herstel, waarvan baie na kraters lyk eerder as vervoerroetes. ActonSA glo dat die R93 miljoen bewillig kon word om die
provinsie se massiewe behuisingsagterstand te verminder, wat hoop bied aan
gesinne wat al dekades lank swak lewensomstandighede verduur het.