Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Regering verklaar ramptoestand, maar landbou-unies bly hoopvol

Community
Rodrick Titus
Tue, 11 Mar 2025

Regering verklaar ramptoestand, maar landbou-unies bly hoopvol

Ondanks die regering se verklaring van 'n ramptoestand in verskeie provinsies, bly landbou-unies positief dat die situasie binnekort kan verbeter met samewerking tussen die regering, landbou-organisasies en die burgerlike samelewing.

Die nasionale hoof van rampbestuur, Elias Sithole, het ná beraadslaging met verskeie staatsinstellings en rampbestuursentra in die betrokke provinsies besluit om 'n nasionale ramptoestand te verklaar. Die provinsies wat geraak word, sluit Gauteng, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en die Vrystaat in.

Die afgelope weke het aanhoudende reën, donderstorms en sterk winde groot skade aan infrastruktuur veroorsaak. Selfs dele van die ZF Mgcawu-streek in die Noord-Kaap is geraak, waar huise omgewaai het, bome ontwortel is en paaie verspoel het.

Die rampbestuur span van die ZF Mgcawu streek vergader vanogend by die DKM municipale raadsal om die impak van die naweek se reenval te bespreek.

Ten spyte van hierdie uitdagings meen landbou-unies dat gesamentlike pogings tussen die regering en rolspelers in die sektor kan help om die impak te verminder en 'n herstelproses te begin.