Dawid Kruiper Municipaliteit Suig Stormwater Na Swaar REËN
Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het gister stormwater uit strate en dreine verwyder ná die swaar reën van die naweek.
Die verwydering van stormwater speel 'n belangrike rol in die bestuur van reënwater en die voorkoming van oorstromingskade. Munisipale woordvoerder, Patrick Williams, het inwoners versoek om nie vullis in stormwaterdreine te stort nie, aangesien dit tydens reën blokkasies veroorsaak. Dit lei tot die oorstroming van wonings en paaie, wat lewensgevaarlike situasies kan skep.
Wiliams het inwoners gevra om saam te werk en verantwoordelik op te tree om hierdie dreine skoon te hou: