Richtersveld Burgemeester Skakel met Toerismesektor Voor Paasseisoen
Die burgemeester van die Richtersveld Munisipaliteit, Raadslid Cornell Knoph, het 'n belangrike vergadering met die toerismesektor by die Richtersveld Raadskamers in Port Nolloth gehou.
Die gesprek was hoofsaaklik gemik op gastehuisbestuurders binne die munisipale jurisdiksie, wat ’n sleutelrol in die plaaslike ekonomie speel.
'N verslag dui darop dat tydens die vergadering het die bestuurders hul tevredenheid met munisipale dienste bespreek, hulle gereedheid vir die komende Paasseisoen bevestig en areas vir moontlike verbetering uitgelig.
Burgemeester Knoph het die toerisme-rolspelers geloof vir hul bydrae en samewerking met die munisipaliteit en beklemtoon hoe belangrik hierdie samewerking is vir die groei van die streek se ekonomie.