Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Gemeenskap Van Ga-Segonyana Word Uit genooi Om Te Registreer Vir Die Behoeftege-Lys

Community
Rodrick Titus
Tue, 11 Mar 2025

Gemeenskap Van Ga-Segonyana Word Uit genooi Om Te Registreer Vir Die Behoeftege-Lys

Die gemeenskap van die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit word uitgenooi om te registreer vir insluiting op die Behoeftige-lys. Die skedule met gebiede, datums en tye vir registrasie in verskeie wyke van Ga-Segonyana is hieronder vrygestel.

Suid-Afrika het in 2001 'n beleid vir behoeftiges aanvaar, wat daarop gemik is om gratis basiese dienste aan arm huishoudings te voorsien. Kragtens hierdie beleid is munisipaliteite verplig om behoeftige huishoudings te identifiseer en dienste soos water, elektrisiteit, sanitasie en vullisverwydering aan hulle te lewer. Huishoudings moet by hul onderskeie munisipaliteite registreer om vir hierdie gratis basiese dienste te kwalifiseer.