Loading...

NewsDesk

NewsDesk

ANC Dring Aan Op Ondersteuning In Tussenverkiesings

Politics
Rodrick Titus
Tue, 11 Mar 2025

ANC Dring Aan Op Ondersteuning In Tussenverkiesings

Die ANC in die Noord-Kaap het sy kiesers versoek om die party aan bewind te hou in die komende tussenverkiesings in die Namakhoi- en Karoo Hoogland-munisipaliteite, nadat twee ANC-raadslede by die PA aangesluit het.

ANC se provinsiale sekretaris, Deshi Ngxanga, het die raadslede daarvan beskuldig dat hulle hul gemeenskappe “verraai” het en hul optrede as “skandelik” veroordeel.

Ngxanga sê, hierdie individue is onder die ANC-vaandel verkies en deur die mense vertrou om die waardes en visie van die beweging te handhaaf. Ngxanga sê hulle is nie net politieke opportunisme nie – dit is ’n direkte verraad van die gemeenskappe wat hul geloof in hulle geplaas het. Hy voeg by dat tog het die geskiedenis bewys dat die ANC groter is as individue.

Hy het kiesers aangemoedig om hierdie “selfdienende dade” te verwerp en hul vertroue in die ANC tydens die tussenverkiesings te herbevestig.