Krag onderbreking in Fase 4 Kakamas
Met die onlangse skade gerig aan belangrike infrastruktuur in verskeie gedeeltes van die ZFM streek, staan Munisipaliteite rond om beskadigde infrastruktuur spoedig te herstel.
Die Kai! Garib Munisipaliteit het intussen aangekondig oor die heidige kragonderbreking in Fase 4 by die Kakamas regsgebied. Die tegniese span verbonde aan die Kai! Garib Munisipaliteit is tans besig om die installering van 'n nuwe kabel in die Fase 4 gebied te voltooi.
Die waarnemende Munisipale Bestuurder, Bennie Kordom maan intussen inwoners om alle kraglyne en toerusting as lewendig en gevaarlik te beskou. Dit is intussen nie duidelik wanneer die installering afgehandel sal wees nie. Die munisipaliteit brei uit:
Sound Bite - KGM Announcement