Loading...

NewsDesk

NewsDesk

DA lê klag oor Noord-Kaap se ambulanskrisis by Menseregtekommissie

Other
Rodrick Titus
Mon, 10 Mar 2025

DA lê klag oor Noord-Kaap se ambulanskrisis by Menseregtekommissie

Die Demokratiese Alliansie het klagtes oor ernstige tekortkominge in die Noord-Kaap se nooddienste by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie  ingedien. Die party beweer dat meer as die helfte van die provinsie se ambulansvloot is buite werking, wat lewensgevaarlike gevolge inhou.

Die DA sê in 'n verklaring twee weke gelede kon 'n jong ma van Rooiwal nie toegang tot 'n ambulans kry nie toe sy op 'n Sondagmiddag kraam. Sy het uiteindelik omstreeks 22:00 geboorte geskenk, maar die baba was reeds dood. Die ambulans het na bewering eers die volgende oggend ná 04:00 opgedaag – meer as twee uur ná forensiese dienste.

In 'n ander voorval is 'n diabetiese pasiënt verlede week in transito oorlede nadat hy twee dae lank op 'n ambulans gewag het om van Kuruman na die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal (RMSH) in Kimberley vervoer te word. Vrydag moes 'n pasiënt van Ritchie meer as agt uur wag vir noodvervoer na RMSH ná 'n ineenstorting.

Volgens nuwe inligting is slegs 46% van die provinsie se ambulansvloot operasioneel. Die DA waarsku dat voertuigvervanging nie 'n volhoubare oplossing bied nie en dat die stadige herstelproses van noodvoertuie dringend aandag verg.