Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Onderwys Sê Geen Skole Deur Weer Beskadig

Education
Rene Julies
Mon, 10 Mar 2025

Onderwys Sê Geen Skole Deur Weer Beskadig

Grue weersomstandighede wat die afgelope naweek in die Upington-area gewoed het, het grootskaalse skade aan huise en infrastruktuur aangerig. Verskeie gesinne staan nou voor die harde werklikheid van daklose blyplek, terwyl talle leerlinge nie hul skole kon bywoon nie as gevolg van die skade.

Op navraag aan die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap oor moontlike impak op skole, het mediaskakelbeampte Geoffrey van der Merwe bevestig dat geen skole ernstig geraak is nie, behalwe vir minimale skade aan die omheining van Vela-Langa Primêre Skool.