Burgermeester ontmoet die bejaarde inwoners van Boegoeberg
Gister, 11 Februarie, het die burgemeester van Kheis Munisipaliteit, Davy Jacobs, die tyd geneem om met die bejaarde inwoners van Boegoeberg te vergader.
Die bejaardes het die geleentheid gehad om die diensleweringskwessies wat hulle tans in hul gemeenskap in die gesig staar te bespreek en die bystand wat hulle van die Munisipaliteit benodig. Volgens die municipaliteit was dit 'n baie produktiewe vergadering, met 'n vraag-en-antwoord-sessie waar bejaardes hul bekommernisse kon uitspreek en antwoorde kon ontvang.
Die Burgemeester het die Speaker, Anisia Ludick,
die Hoofsweep, Jessica Lodewyk, en ander belanghebbendes soos die Departement
van Gesondheid en die SAPD. Die Burgemeester beplan om hierdie program in die
nabye toekoms na al die afgeleë gebiede in die Kheis munisipale gebied uit te
brei.