LUR Mangaliso Matika Erken Lage Moraal en Beloon Aksie in Dawid Kruiper
Die nuut-aangestelde LUR vir Sport, Kuns en Kultuur in die Noord-Kaap, LUR Mangaliso Matika, het by sy aankoms in die Dawid Kruiper-munisipale regsgebied erken dat die moraal van werknemers, weens onder meer swak infrastruktuur, laag is, en het belowe om dit as prioriteit aan te spreek.
Die LUR het ook gesĂȘ dat daar gesprekke met munisipaliteite in die Noord-Kaap gevoer sal word om te verseker dat sportfasiliteite onder munisipale beheer behoorlik onderhou word, sodat gemeenskappe weer die fasiliteite in groot getalle kan benut en die jeug toegang het tot stadia waar hulle sport kan beoefen.