Loading...

NewsDesk

NewsDesk

TSS Sekuriteitsmaatskappy waarsku oor Toename in Inbrake in Kimberley

Crime
Rodrick Titus
Tue, 11 Feb 2025

TSS Sekuriteitsmaatskappy waarsku oor Toename in Inbrake in Kimberley

Die sekuriteitsmaatskappy TSS in die Noord-Kaapse hoofstad, Kimberley, waarsku oor 'n toename in inbrake waar booswigte enige eiendom as teikens kies. Volgens die maatskappy word items soos koperpype, sonpaneel ligte, fietse en ander waardevolle items geteiken, wat verkoop word om geld te bekom.

Ongeveer 90% van die gevalle word nie aangemeld nie, aangesien eienaars die aanmeldingsproses as te tydrowend beskou.

Inwoners, en veral sakeleiers in die sentrale sakekern, ervaar 'n erge toename in misdaad wat met inbrake verband hou. Die maatskappy vra dat die stad se inwoners moet saamwerk teen die booswigte, en op die uitkyk wees vir vreemde persone en voertuie.

Hulle word versoek om enige verdagte aktiwiteite onmiddellik by die naaste wetstoepassingsagentskappe te rapporteer.