Droogtehulp aan Boere in die Noord-Kaap
Boere in die Noord-Kaap, wat die afgelope jare onder erge droogte gebuk gegaan het, ontvang hulp na verskeie oproepe om ondersteuning. Baie boere moes hul veekuddes drasties verminder en selfs vrektes trotseer weens die droogtetoestande.
Opkomende boere in die Kalahari het die regering gevra om in te gryp, aangesien neerslae oor die afgelope jare skaars was en eers onlangs herstel het.
Stephen Galane van die Departement van Landbou het bevestig dat hulle die droogtetoestande, veral in die Boesmanland, fyn dophou. Hy moedig boere aan om gereeld met die departement in verbinding te bly en opdaterings oor hul situasie deur te gee. Volgens Galane regverdig die huidige toestande egter nie die afkondiging van 'n droogteramp nie.