Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Registrasie van Spaza-Winkels: Sperdatum 28 Februarie

Community
Rodrick Titus
Tue, 11 Feb 2025

Registrasie van Spaza-Winkels: Sperdatum 28 Februarie

Die Hoof van Ekonomiese Ontwikkeling by die Dawid Kruiper Munisipaliteit, Ivan Juries, het spaza-winkel-eienaars daaraan herinner dat die sperdatum vir registrasie op 28 Februarie vanjaar is. Ingevolge wetgewing moet alle spaza-winkels teen hierdie datum geregistreer wees.

Juries het verduidelik dat 'n handelslisensie slegs uitgereik sal word ná voldoening aan inspeksies, as deel van die munisipaliteit se implementering van sy bywette. Dit is ook 'n maatreël om te verseker dat spaza-winkels nie vervalde of onwettige produkte, insluitend alkohol en dwelms, aan inwoners verkoop nie.

Huiswinkel-eienaars word aangemoedig om die plaaslike munisipaliteit te besoek vir enige navrae oor die registrasieproses.