Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Oproep vir dringende ingryping by Vaalharts-skole

Community
Rodrick Titus
Mon, 10 Feb 2025

Oproep vir dringende ingryping by Vaalharts-skole

Die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, en die LUR vir Onderwys, Abraham Vosloo, is per brief gevra om dringend aandag te skenk aan die verslegtende toestande by Vaalharts.

Volgens berigte staar minstens 33 onderriginstellings sluiting in die gesig weens 'n gebrek aan ondersteuning. Die Vaalharts-forum, wat die skoolbeheerliggaam insluit, het bevestig dat hulle nie in staat is om diensverskaffers te betaal nie, wat die voortbestaan van hierdie skole in gevaar stel.