kim casino reik uit

Die hoofbestuurder van Flamingo Casino in Kimberley Themba Marasha se hulle streef daarna om 'n betekenisvolle impak te maak in die gemeenskappe waar hy bedrywig is. Die groep het kospakkies aan behoeftige huishoudings en nie regerings organisasies in Kimberley oorhandig wat deur Flamingo Casino-personeellede genomineer is. Hy se Flamingo Casino het 'n vennootskap met die Suid-Afrikaanse Stigting vir Verantwoordelike Dobbelary en diensverskaffers aangegaan om die nie-bederfbare items te skenk .Die uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Stigting vir Verantwoordelike Dobbel, Sibongile Simelane-Quuntana, het verduidelik dat hulle vanjaar die Noord-Kaap geteiken het aangesien hulle glo dat daar maatskaplike kwessies is wat meer aandag noodig en dat dit nou nodig is om sommige van hierdie maatskaplike euwels aan te spreek, veral dié wat deur probleemdobbel geraak word en mense daardeur honger laat.simelane quuntana se die gemeenskappe is die siel van hulle besigheid en moet te alle tye versorg en waardeer word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media