Besigheid ploeg terug

Die Kathu Solar Park se vroee kinderontwikkelings program het insamewerking met die departement van onderwys 'n seminaar aangebied, vir kinders van minstens 25 sentrums in die John Taolo Gaetsewe streek. Die program het volgens inligting die potensiaal om die toeganklikheid en kwaliteit van vroee leergeleenthede efektief te verhoog, asook toegang tot werksgeleenthede en finansiele sekuriteit vir vroue in die onderskeie gemeenskappe te verseker. Die befondsing is deel van Kathu Solar Park se sosio ekonomiese ontwikkelings strategie, wat 'n sleutelfokus op onderwys en vaardigheids ontwikkeling het. Die program is 'n driejaar geleentheid en gaan minstens 2 duisend kinders in die streek bevoordeel.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media