Fase 4 duur voort

Die kragverskaffer Eskom se implimentering van Fase 4 beurtkrag gaan vandag regoor Suid Afrika voort. Plaaslike inwoners in die Dawid Kruiper munisipale regsgebied was reeds sedert 4 uur tot 6 dertig vanogend in die donker gehul. Beurtkrag begin weer vir beide Blokke 1 en 9 vanmiddag om 12 uur tot 2 dertig waarna dit vanaand agt uur tot tien dertig hervat gaan word. Blok 16 het alreets beurtkrag twee uur vanoggend tot 4 dertig ervar. Blok 16 ervaar nou taans verdere beurtkrag vanaf 10 uur tot 12 dertig vanmidag, waarna dit weer om ses uur vanaand tot agt dertig gaan voortduur. Inwoners in die regsgebied word aangemoedig om seker te maak dat alle nie noodsaaklike toestelle van kragpunte verwyder is asook alle stowe en verwarmers afgeskakel voordat mense huise verlaat.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media