Onderwys oor seksuele teister bewerings

Die departement van onderwys in die Noord Kaap het ontken dat hulle voete sleep met die afhandeling van 'n saak waarin beweer wort dat 'n onderwyser betrokke is by seksuele aanranding en die verkoop van alkohol aan graad 6 leerders. Sydney Stander vir die onderwys departement in die provinsie se, dit volg na 'n onderwyser en 'n assistent onderwyser na bewering daarvan aangekla is dat hulle leerlinge seksueel aangerand en geteister het, en dat hulel alkohol vir die jong leerders verkoop het. Die DFA berig dat 'n besorgde ouer die departement gekritiseer het en aangevoer het dat dit skokkend en walglik is om te hoor van jong kinders wat na bewering uitgebuit word deur 'n onderwyser wat veronderstel was om hulle versorger in die afwesigheid van hulle ouers te wees. Die Noord-Kaapse departement van onderwys se hulle is bewus van slegs een beweerde voorval van seksuele wangedrag waar 'n opvoeder met volle betaling geskors is, hangende die afhandeling van die saak en dat die departement stappe neem binne die konteks van die betrokke wetgewing om die saak te hanteer. Stander, se hy verstaan die ongeduld van die ouergemeenskap oor die betrokke bewerings en doen 'n beroep op geduld terwyl die bewerings ondersoek word. Die lur vir onderwys in die provinsie Zolile Monakale het intussen tydens 'n onderhoud bevestig dat sy departement nie sal skroom met optrede teen enige amptenaar wat van sodanige ongeruimdhede beskuldig word nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media