fase 5 onmiddelik ingestel met n rekord 4 en n half ure vir upington

Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, se hy is bekommerd oor vertragings in Koeberg se lewensverlengingsprojek, aangesien daar nou risiko's is van oorvleueling tussen die vertraging van eenheid 1 se terugkeer na diens en eenheid 2 wat vanlyn gaan. Ramakgopa het gister aangekondig dat hy die kwessie na Eskom se direksie gaan eskaleer aangesien hy baie bekommerd bly oor die situasie. Intussen is Fase 5 beurtkrag van twee uur vanmiddag ingestel met Upington wat reeds van twee uur tot ses dertig vanaand vir 'n rekord 4 en 'n half ure beurtkrag het vir blok 1. Blok 9 het vanaf twee uur tot 4 dertig vanmidag beurtkrag ervar, en blok 16 wat ook 'n rekord van 4 en 'n half ure beurkrag tussen 12 uur vanmiddag tot vier dertig van midag ervar het. Beurtkrag duur voort vir Blok een vanaf tien uur tot middernag vanaand met blok 9 wat van tien uur vanaand tot 12 dertig beurtkrag ervar en blok 16 van agt uur vanaand tot tien dertig.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media