Goeie wen vir united

Shaquille Cloete lei United Rugby Klub na oorwinning oor 'n gemotiveerde Kakamas, op Kameelpark. Op Saterdag, 22 Julie 2023, het 'n United Rugby Klub met vaard en vinnige spel Kakamas Rugby Klub met 38-12 oorwin. Op agsteman het Shaquille Cloete uitmuntende spel gelewer, bal goed beskerm en met sy flinkse systappe meters op meters gewen. Kakamas het egter nooit gaan lê en het by tye die voordeellyn goed aangeval. United se spelers het bloot Kakamas met teen aanvalle lam gelê. Die skare was betower met aanskoulike en betowerende hardloop Rugby. Die wen het United Rugby Klub se posisie op die punteleer verstewig.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media