NK vorder met asbes skolle

Die Noordkaapse departement van onderwys se pogings om van Asbes skolle ontslae te raak duur voort. Die herbou van beide die Hoerskool Carlton Van Heerden en Laerskool Oranje Oewer in Upington, vorder volgens die LUR vir onderwys Zolile Monakali goed. Monakali se die departement werk ook hard daaraan, om die ander uitdagings wat skolle in die gesig staar aan te spreek. Die uitdagings sluit in die herhaaldelike inbrake en infrastruktuur beskadiging waronder die departement ook wil kyk na die aanstel van vrywilligers om skolle te beveilig. Monakali se aankondiging kom ondanks 'n persverklaring deur die Times Live skrywer, Prega Govender, dat bykans 4000 skolle regoor Suid Afrika steeds met Asbes sit, ondanks die departement se verbintenis om dit teen November 2016 te herbou of, op te knap. Die LUR Zolile Monakali se die departement is ten volle bewus van alle uitdagings en doen alles moontlik om gehalte onderrig daar te stel, maar kan aleen suksesvol wees as die gemeenskap waarin skolle gelee is, volwaardige eienaarskap van die onderig instellings vat en veral kinders aanmoedig om onderig na te jaag, en skolle teen vandale en misdadige elemente beskerm.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media