Drie tien Jaar vir tradisionele Dokter

'N 78 jarige tradisionele geneser van Warrenton is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis, nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy die kind van sy kliënt verkrag het. Mojalefa Senokoatsane, streekswoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag sê die beskuldigde, Phineas Mabudza, is deur die streekhof in Kimberley op drie aanklagte van verkragting skuldig bevind. Hy se die tradisionele geneser, wat aan die kind en die familie bekend is, het haar ma bygestaan met die proses om 'n tradisionele geneser te word en het na bewering die 16-jarige tiener verkrag terwyl hy rituele by hul huis uitgevoer het. Die meisie het haar ma ingelig en die beskuldigde is gearresteer. Mabudza is tot 10 jaar gevangenisstraf gevonis, wat gelyklopend uitgedien gaan word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media