Fase 4 beurtkrag aangekondig

Die kragverskaffer Eskom het sedert 4 uur Woensdag middag Fase 4 beurtkrag aangekondig, na verskeie opwekkings eenhede onklaar geraak het. Eskom het bevestig dat agt opwekkings eenhede onklaar geraak het en dat Fase 4 beurtkrag tot vanoggend 5 uur gegeld het waarna dit na Fase 3 van 5 uur vanoggend tot 4 uur vanmiddag sal afskaal. Inwoners regoor die land is aangemoedig om elektrisiteit spaarsamig te gebruik namate die vraag na elektrisiteit sedert die kouefront gister aansienlik verhoog het. Op plaaslike bodem is inwoners gemaan om seker te maak dat alle toestelle veral verwarmers en stowe afgeskakel is, voordat mense hulle huise verlaat, in 'n poging om brande te vermy veral waneer elektrisiteit terugkeur.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media