Koepel waterreservoir skoonmaak begin

Die koepel waterreservoir in die Dawid Kruiper munisipale regsgebied gaan 'n skoonmaak proses ondergaan wat die watertoevoer na Rosedale en Paballelo gaan beinvloed. Die Dawid Kruiper munisipaleteit het aangekondig dat die skoonmaak proses daarop gemik is, om die watergehalte aan inwoners te verseker en konstant te verbeter. Inwoners word aangemoedig om genoeg water op 'n veilige manier, tussen 21 en 24 Julie vanjaar te stoor, aangesien 'n lae druk in die watertoevoer ervaar gaan word gedurende die tydsduur van die skoonmaak van die reservoir.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media