Blennies oor departement se planne

Die LUR vir jeug vroue persone met gestremdhede en komminkasie Venus Blennies se haar departement streef daarna om samehorigheid onder inwoners te verseker, asook om geleenthede te skep waar die jeug hulle eie en die omstandighede van hulle families en gemeenskappe kan verbeter. Sy se verskeie opleidings geleenthede is deur die regering verseker, en word daagliks geimplimenteer. Blennies se die hoof verantwoordelikheid van haar departement, is om toesig te hou oor die vestiging van 'n netwerkinfrastruktuur, wat regeringsgeboue sal verbind, hoofsaaklik skole en hospitale. Sy se dit sal werk om 'n e-bestuurstruktuur te bou om prioriteite, beleide, standaarde en regulasies te rig, asook 'n bemagtigende platform en ondersteuningsdiens wat die Noord-Kaapse Provinsiale Regeringsdepartemente in staat stel om e-regeringsdienste te lewer. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media