Landros se saak geskraap

Die afgetrede landros Smit Du-Plessis het daarin geslaag om 'n privaat vervolging teen hom in die landroshof in Kimberley van die rol te laat skrap. Du Plessis is van bedrog, meineed en regsverydelling beskuldig nadat hy nabewering by verskeie geleenthede sonder 'n aanstelings brief voorgesit het. Die klag dateer vanuit 1998 waarin Freddy Witbooi voorsitter van die Noordkaap burgerlike organisasie Ross Henderson en Itumeleng Moroka daarvan beskuldig word dat hulle by 'n gesteelde tjek betrokke was. Moroka het privaat vervolging Ingestel omdat hy beweer dat Du Plessis na sy aftrede steeds hulle verhoor gehandaaf het. Die streekshof president Khandilzwe Nqadala het aangedui dat hy nie die aansteling vir Du-Plessis kon opspoor nadat hy bedank het nie. Die saak is dus van die rol geskrap sonder kostebevel omdat Du-Plessis se regskoste deur die staatsprokureur se kantoor betaal is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media