Meer onhulings kan in die saak van John Block verwag wort

Die staat het tydens die bedrog verhoor van die voormalige voorsitter van die ANC in die Noord Kaap Fikile John Block en sy mede beskuldigdes Patience Mokhali en Tshegolekae Motaung asook die maatskapy Babereki Consulting Engineers aangevoer dat hulle groot massas dokumente het wat gekopieer moet word in die jongste aanklagte teen die beskuldigdes wat vir ondermeer korrupsie en geldwassery terugstan. Block wie virtueel verskyn het sal naverwagting om borgtog aansoek doen. Hy wort tans by die Upington korektiewe sentrum aangehou. Die staat voer aan dat Block en Mokhali 'n kontrak ter waarde van 51 miljoen rand aan Babareki Consulting engineers toegeken het, wetend dat die maatskapy nie aan die vereistes voldoen nie. Die geesteshospitaal in Kimberley is in 2003 begin bou met beloftes dat dit in 2005 ten koste van 230 miljoen rand voltooi sou wees. Die bou van die hospital het na bewering na 15 Jaar en verskeie vertragings wat nabewering die afbreek en herbou van gedeeltes van die gebou insluit, die belastingbetaler 2 miljard rand gekos. Advokaat Lentswe Setoutou vir die staat het aangevoer dat die dokumente 106 duisend 274 bladsye beslaan, wat die dossier vorm met nagenoeg 930 wat uitgesorteer moet word uitsluitend die 15 duisend bouplanne van verskillende grotes, wat net deur 'n spesiale diensverskaffer gekopieer kan word. Block sal na verwagting op 1 Augustus vanjaar sy borg aansoek doen, waarna hy weer saam met sy mede beskuldigdes op 10 Augustus in die hof gaan verskyn.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za