House of B bied Upington Next Top Model kompetisie aan

Skoonheids fanatikuste kan nou deel neem aan die Upingtons Next Top Model kompitisie wat deur House of B aangebied word. Die doel van die kompitisie is om 'n platform te skep vir jong dames tussen 18 en 27 jaar oud vanuit alle ras, kultuur en figuur om hulleself te bemagtig, in 'n poging om gemeenskappe te verander en samehorigheid asook die fokus op die rol van vroue in die samelewing daar te stel. Bhyren Sieberts stigter van House of B se die kompitisie is van kardinale belang veral omdat dit die geleentheid skep vir jongmense om weer te begin droom en om in alle omstandighede uit te kan styg. Inskrywings vir die kompitisie het reeds Woensdag begin en eindig 29 Julie vanjaar.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media