Block verskyn virtueel

Die voormalige LUR van vervoer paaie en openbare werke in die Noordkaap provinisie John Block het virtueel in die Kimberley landroshof verskyn. Block staat nuwe aanklagte in die gesig na sy beweerde aandeel in die toekening van 'n tender vir die bou van die Kimberleyse geestesgesondheidhospitaal in 2003. Block se mede-beskuldigdes die voormalige hoof van die departement van vervoer paaie en openbare werke Patience Mokhali en Tshegolekae Motaung asook die maatskapy Babereki Consulting het saam in die hof verskyn waar die saak tot 1 Augustus vanjaar uitgestel is met die verdediging wat aangedui het dat Block om borgtog gaan aansoek doen ondanks die uitdien van 'n 15 Jaar gevangenisstraf vir 'n ander saak.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media