Dkm beplan dienste geld vir stadion

Die Vryheids Front plus se in 'n verklaring Kosbare fondse van die Dawid-Kruiper-plaaslike munisipaliteit (Upington, Mier, Louisvale) wat vir padinstandhouding gebruik moes word, gaan nou aangewend word vir ʼn sokkerstadion. Die party se tydens ʼn spesiale raadsvergadering gister, is dit voorgestel dat ʼn bedrag van R6,2 miljoen vir die herstel en opgradering van die Mxolisi Dicky Jacobs Stadion, in Upington, gebruik word. Die VF Plus se hierdie geld is begroot vir die aankoop van watertrokke en toerusting vir pad-rehabilitasie. Tydens ʼn vorige vergadering hierdie week het alle partye wel ooreengestem dat die Mxolisi Dicky Jacobs Stadion opgegradeer word. Die party se dit was egter nie met die veronderstelling dat fondse vir belangrike instandhoudingswerk gebruik sou word nie. In 'n verklaring maak die VF Plus bekend dat opposisieraadslede daarom gister versoek dat private fondse gevind moet word, eerder as om munisipale geld te gebruik. Die VF Plus het teen die voorstel gestem, maar die ANC het sy meerderheid gebruik om dit deur te druk. Die Dawid Kruiper plaaslike municipaliteit het nog nie komentar gelewer oor die verslag nie, en bevestig of dit die wareit is aldan nie. Die versoek om die stadion op te knap het gekom van die Upington City-sokkerspan wat onlangs tot die eerste liga bevorder is. Die klub wil die stadion as basis gebruik. Volgens die Premier-sokkerliga is opknappingswerk van sowat R7,5 miljoen nodig om die Mxolisi Dicky Jacobs stadion aan sy minimumvereistes te laat voldoen. Die VF Plus se hulle sien die noodsaak om die stadion te herstel, maar hou vol dat die fondse nie uit die huidige begroting, wat vir dienslewering bedoel is, kan kom nie. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media