Die Magareng Munisipaliteit het AfriForum gekritiseer omdat wat die munisipaleteit afmaak as paniek saai onder die gemeenskap nadat die burgerregtegroep waarskuwings uitgereik het vir cholera en hoë vlakke van E- Coli in die Vaalrivier. AfriForum het watermonsters vir toetsing gestuur, waar hy besoedeling by Barkly-Wes en Warrenton in die Vaalrivier en by Douglas in die Vaalrivier opgespoor het voordat dit met die Oranjerivier saamsmelt. Die bestuurder van omgewingsake by AfriForum, Lambert de Klerk, sê toetse is die afgelope maand in die Vaalrivier en elders uitgevoer nadat vroeëre toetse uit die rivier positief was vir cholera. De Klerk se watermonsters is van dorpe langs die Vaalrivier geneem, terwyl 'n monster ook in die rivierstelsel geneem is waarvan groot getalle mense daagliks van dié rivier se water gebruik maak. Die munisipale bestuurder van die Magareng munisipaleteit Tumelo Thage het egter die bevinding gekritiseer en se in ’n verklaring dat die munisipaleteit nooit amptelik of andersins van die uitslae van hierdie ad hoc-toetse deur AfriForum ingelig is nie. Hy se dus juis hoekom die Magareng munisipaleteit nie kan kommentaar lewer op die resultate soos deur AfriFoum beweer en bly dus van mening dat daar geen bewys van 'n cholera-uitbraak in Magareng is nie. Hy se verder dat die munisipaleteit nie bewus is waar die monsters geneem is, wie die monsters geneem het en by watter laboratorium dit getoets is nie en bly dus nie in staat om hierdie aspekte aan munisipale onttrekkingspunte, munisipale infrastruktuur of gehaltebeheerprosesse te koppel nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za