Sneeu het oor dele van die Oos-Kaap en in gauteng begin uitgesak met Motoriste wat gewaarsku word om versigtig te wees by die Penhoek-pas op die N6 tussen Komani en Jamestown.In die Wes-Kaap kom sneeu ook voor op die berge, ná die kouefront wat die provinsie Vrydag getref het. Sneeu is onder meer in die Matroosberge by Ceres, in Jonkershoek by Stellenbosch, in die Cederberge en in die berge by Franschhoek en Worcester aangemeld. Temperature het op plekke tot tussen nul en drie grade Celsius gedaal. Die Weerdiens in Kaapstad het voorspel dat vandag die koudste dag van die huidige kouefront sal wees.In die suidoostelike gebiede van die Noord-Kaap, die Vrystaat en die binnelandse gebiede van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal word boere gewaarsku oor ysige nat toestande. Dit sluit ook ‘n waarskuwing in van moontlike oorstromings in die noordoostelike dele van KwaZulu-Natal. ‘n Geelvlak 2-waarskuwing vir hoë deinings word voorspel tussen Plettenbergbaai en Maputo in Mosambiek. Dié waarskuwing geld ook vir die Laeveld en Platorand in Mpumalanga waar swaar reën, stormwind en hael kan voorkom. In Gauteng is nul-grade Celsius vroegoggend in Pretoria gemeet, minus-2-grade in Johannesburg en minus-5-grade in Vereeniging en so ook in Bethlehem in die Vrystaat. In Noordwes word koue weer voorspel en in Limpopo kan inwoners verspreide donderbuie en koue verwag.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za