Hantam waarsku oor swendelaar

Inwoners van die Hantam munisipale regsgebied word gemaan om versigtig te wees, om nie slagoffer te val van 'n bedrieer wat homself as Charles Pillay bekendstel en eis dat mense 3 duisend rand betaal indien hulle nie die elektrisiteits toevoer na hulle huishoudings wil laat afsny nie. Die munisipaleteit se hulle Neem kennis van die bedrywighede en dat geen persoon in die naam van Charles Pillay by die Hantam Munisipaliteit werksaam is nie. Werner Jonker van die Hantam Munisipaliteit se inwoners kan direk met homself skakel of die kantoor besoek indien hulle enige onraad merk of die Suiid Afrikaanse polisie hiervan inkennis stel.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media