Aanleg bestuurder pleit skuldig

'n 53-jarige voormalige aanleg bestuurder van die Sishen Iron Ore Company het skuld beken op 12 aanklagte van korrupsie en 10 van geldwassery.Johan Breedt het Maandag voor die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Kimberley verskyn.Luitenant kolonel Tebogo Thebe van die Valke sê Breedt is in Desember 2020 saam met sy twee veroordeelde medebeskuldigdes, Anthony Meyer en Theunes Burger, in hegtenis geneem. In April 2016 het die beskuldigde Birma Plant Hire genomineer om finale digte medium skeidings produk na die plantproduksie beddings te laai en te vervoer. Die maatskappy het volgens thebe 'n tender gekry om by Kolomela-myn te werk vir die tydperk Julie 2016 tot Julie 2017.“Tussen Julie en Desember 2016 het die beskuldigde maandelikse betalings van R40 000 en geskenke van Burma Plant Hire geëis om te verseker dat die maatskappy voortgaan om werk by die myn te kry.Die beskuldigde is deur sy onwettige aktiwiteite R627 370 in kontant en geskenke van die maatskappy bevoordeel.Die saak teen hom sal op 19 September vir vonnisoplegging hervat word terwyl die saak teen die maatskappy afsonderlik hanteer word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media