Die Suid Afrikaanse polisie in die Noordkaap het inwoners
daarop atend gemaak om versigtig te wees en om veiligheid te handaaf deur nie
misdaad uit te lok deur waardevolle items binne voertuie en in erwe te laat
nie. Luitenant Kolonel Sergio Kock van die polisie se in ‘n verklaring dat
mense nie moet rylopers optel nie veral omdat voertuig kaping kan voorkom wat
tot lewensverliese kan lei. Hy se mense moet wanneer hulle voertuie in die
sakekern parkeer die omgewing monitor en versigtig wees vir diegene wat met
afstand beheer sisteem voertuie se stelsels manipuleer. Hy se die beskerming
van mekaar en mekaar se eiendom en die aanmeld van enige ongerymdhede is die
oplossing vir die misdaad wat tans in gemeenskappe ervaar word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za