Staan saam se each one feeds one Direkteur

Tuiskokke, maatskappye, hotelle, spyseniers, kookskole en restaurante is uitgedaag om gesamentlik 67 000 liter sop te kook om sowat 260 000 Suid-Afrikaners op Mandeladag te voed. 18 Julie is die dag waarop Suid-Afrikaners 67 minute neem om behoeftiges te help ter ere van ontslape staatsman Nelson Mandela. Chefs with Compassion 'n nie winsgewende organisasie asook each one feeds one in die Dawid Kruiper Munisipale regsgebied wat gestig is om voedselvermorsing en honger te verminder, het die uitdaging gestel. Mnr Alexander van each one feeds one se, sedert die lewensveranderende jaar van 2020 het Mandela-dag 'n baken van eenheid en sorg geword, wat manifesteer in die grootste jaarlikse voedselvoorbereidingssamewerking. Hy se die inisiatief staan as 'n bewys van Suid Afrikaners se gedeelde menslikheid, wat huiskokke, omgee-korporatiewe en gemeenskapspyseniers bymekaar bring om die tweelingduiwels van voedselvermorsing en honger te bekamp. In 2020 is n Verstommende 970 duisend 844 maaltye gekook en geskep en geskenk tot Madiba se eer sedert die begin van die #67000liter-uitdaging. Alexander het laastens beklemtoon dat hulle almal oral in die land uitdaag om 'n heilsame 10 liter sop binne 67 minute of meer indien mense dit verkies enige tyd oor die naweek van Mandeladag van Saterdag 15 tot Dinsdag 18de voor te berei en dit aan 'n begunstigde van jou te skenk. keuse.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media