Hulp vir namakwa

Die Noord-Kaapse provinsiale regering sê humanitêre hulp behoort teen Vrydag alle vloedgeteisterde gemeenskappe in die Namakwa streek te bereik. Sowat 10 000 mense in vyf dorpe in die gebied is geraak deur vloede wat verlede week deur die gebied gespoel het. Die liggame van vier mense wat deur die woedende water meegesleur is, is Sondag gevind terwyl nog een nog vermis word. Noord-Kaapse LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake, Bentley Vass, sê humanitêre organisasies, Gift of Givers, Rooi Kruis en die departement van maatskaplike ontwikkeling versprei kospakkies aan die geaffekteerde gemeenskappe. Vass sê die provinsiale regering reken steeds die koste van die ramp. Verskeie paaie, brûe en huise het skade opgedoen toe die vloedwater die gebied verwoes het. Die Namakwa-distriksmunisipaliteit het die gebied Maandag tot rampgebied verklaar.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media