Speaker vra ondersteuning vir vloedgetuisterde namakwa gemeenskappe

Die speaker van die ZF Mgcawu streeksmunisipaleteit Stanley Peterson het die gemeenskappe van die vloedgetuisterde Namakwa streek alle sterkte toegese. Verskeie paaie en brue is die afgelope week weens swaar reen beskadig met lewensverliese wat reeds geraporteer is. Peterson se die Suid Afrikaanse gemeenskap moet nou saamstaan en die gemeenskappe wat alles verloor het tydens die oorstroomings ondersteun. Hy se die teenwoordigheid van Gift of the Givers is bewys genoeg dat mense steeds in voeling met mekaar is. Die speaker se die Noord-kaap Provinsiale Regering se ingryping gaan nie ongesiens verby nie en het die verskeide departemente geloof vir die ingryping. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za