kaars oor skuld aan die kragverskaffer

Noord-Kaapse munisipaliteite skuld Eskom R4,2 miljard rand. Hierdie kommerwekkende verhoging, in vergelying met R2,8 miljard se uitstaande skuld verlede jaar hierdie tyd, is deur die LUR van Finansies, Abraham Vosloo, tydens die begrotingsdebat van die provinsiale tesourie bevestig. die sol plaatje munisipaleteit wat hulle skuld aan infrastruktuur beskadiging en n nie betalings kultuur toespryf se skuld beloop byna 720 miljoen rand.die lur  van COGHSTA, Bentley Vass wie in sy begrotingsrede erken het dat regeringspogings om munisipale skuld aan te pak, nie die gewenste resultate opgelewer het nie word nou aangemoedig om indringende planne te implimenteer om munisipaleteite om te draai. die dawid kruiper munisipaleteit het intussen beken dat hulle in n sogenaamde financial distress verkeer en inwoners en sakelei aangemoedig om vir dienste te betaal. teen 20 Junie vanjaar het selgs vyf Noord-Kaapse munisipaliteite om Eskom-skuldverligting aansoek gedoen wat 23 agterlaat wat versuim het om eskom te betaal en of reelings te tref. die demokratiese aliansie se die skuldverligtingsprogram kon hul goue kaartjie vir die totale afskrywing van hul Eskom-skuld, oor 'n tydperk van drie jaar, gewees het indien hulle die voorwaardes nagekom het. micheal kaars van die demokratiese aliansie se die toestande van munisipaleteite versleg terwyl niks daaraan gedoen word nie

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za