Mediese nalatigheids eise beloop 2 koma 1 miljard

Met net meer as 1 miljoen inwoners in die Noordkaap provinisie staar die departement van gesondheid mediese nalatigheids eise van minstens 2 koma 1 miljard rand in die gesig. Die LUR vir gesondheid Maruping Lekwene het die aankondiging tydens sy departement se begrotings rede bekendgemaak. Die eise wat 93 aktiewe sake behels sluit gevalle van geboorte beserings wat tot serebrale gestremdheid gelei het. Lekwene se die departement werk hard aan die uitdagings wat ervaar word en het verskeie programme in plek om opleiding asook personeel tekorte aan te spreek.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media